CAKE TOPPER Die nuutste vertoning deur Nataniël!

Duiweltjies op die hoeke van ’n eeue-oue katedraal, talle kunswerke wat dieselfde een-oog wese uitbeeld, die kosbare septer van ’n koningshuis, die herkenbare logo van ’n geliefde bakkery, die spesifieke vorm van ’n stopteken, is hierdie net die fantasieë van ’n paar ontwerpers of is dit die simbole van ons lewens en geskiedenis? Is daar betekenis en geheime?

Van die begin van tyd bly die visuele die kragtige tweede taal van die mensdom. Van ’n helm tot ’n tiara, van ’n sjefhoed tot ’n sonkep, watter boodskappe skuil in ons kleredrag, liggaamshouding, die modes van ’n uiters gewilde musiekvideo of die lettertipe waarmee ’n splinternuwe riller aangekondig word?

Oorspronklike musiek, heerlike dwars verwerkings van bekende melodieë, briljante musikante, aangrypende stories, hope humor en skouspelagtige ontwerpe, hierdie is ’n paar elemente van Nataniel se nuutste skepping, CAKE TOPPER. Stories in Engels en (meerendeels) Afrikaans, lirieke in Engels.

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier + klawerbord),

Luke van der Merwe (kitaar), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme).

Kostuums is ontwerp en gemaak deur Floris Louw.

6-10 November 2024

KunsteKaap Teater, Kaapstad

Slegs 6 verkonings!

Bespreek by Webtickets

90 minute, geen pouse

Geen kinders onder 13

Geen selfone

Geen kortbroeke (dis ’n teater)

Geen drank of verversings in ouditorium toegelaat

Die nuutste vertoning deur Nataniël!

KORT PERSVERKLARING

Oorspronlike musiek, heerlike dwars verwerkings van bekende melodieë, briljante musikante, aangrypende stories, hope humor en skouspelagtige ontwerpe, hierdie is ’n paar elemente van Nataniël se nuutste skepping, CAKE TOPPER. Stories in Engels en (meerendeels) Afrikaans, lirieke in Engels.

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Luke van der Merwe (kitaar), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme).

Kunstekaap Teater, 6-10 November.

Bespreek by Webtickets.

6 Nov 20:00

7 Nov 20:00

8 Nov 20:00

9 Nov 15:00

9 Nov 20:00

10 Nov 15:00