FIND A SHOW

Loading Events
  • This event has passed.

Suidoosterfees – NATi Repteater

  • Ticket Cost

    R80 - R125
  • Start Date

    Apr 26 2023
  • Theatre

    NATi Repteater
  • Duration

    70min

Dude! Wa’s my phone?

Ondersteun deur NATi en KKNK

Taal: Afr
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 26 April 19:00 | 1 Mei 20:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125

Wanneer Dean September agterkom sy foon het weggeraak, loop dié jong entrepreneur dadelik op sy voetspore terug. Sy foon was sy lewensaar en daarsonder is alles deurmekaar en betekenisloos. Die tog om sy foon te vind en die oortreders aan die kaak te stel, lei Dean deur talle kinkels en draaie.

__________________________________________________________________________

Boesman en Lena

Vervaardiger: Northlink Kollege
Taal: Afr, Eng
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 29 April 11:30 | 30 April 17:30
Tydsduur: 40 min
Prys: R80

“Met hierdie drama kon ek alle gemeenskappe bereik: opvoerings is aangebied vir ‘slegs blanke’ gehore, en ook in swart, Indiër- en bruin townships.” – Athol Fugard oor sy ikoniese drama wat in 1969 die eerste keer opgevoer is. Boesman en Lena beeld die verwoestende effek van apartheid op hawelose karakters uit. Het die wêreld verander sedert die dramaturg dié waarneming gemaak het? Blykbaar nie, as jy kyk hoe honderde Boesmans en Lenas vandag nog regoor die aardbol aansukkel in haglike omstandighede. ’n Nuwe generasie beeld die uitmergelende bestaanskrisis van die klassieke karakters vanuit ’n hedendaagse perspektief uit.

___________________________________________________________________________

Kinders van die Ses

Vervaardiger: Northlink Kollege
Taal: Afr
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 27 April 14:30 | 30 April 20:30
Tydsduur: 40 min
Prys: R80

Kaafa is verlief op die tronkvoël Dienie. Sy steur haar min aan haar ma se waarskuwings oor die gevolge van dié toksiese verhouding. Nadat Dienie vir Tiematje (onbewus dat hulle eintlik broer en suster is!) swanger maak, kom hy vol beloftes en verskonings terug Kaafa toe. Maar gaan Kaafa hom werklik vergewe, of gaan sy hierdie keer na haar ma luister? ’n Musikale produksie met ’n lag en ’n traan.

____________________________________________________________________________

Bent

Vervaardiger: Northlink Kollege
Taal: Eng
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 27 April 17:30 | 30 April 14:30
Tydsduur: 40 min
Prys: R80
Geen o/13

’n Kontemporêre interpretasie van Martin Sherman se aangrypende Bent. Die minnaars Max en Rudy vlug uit Berlyn voor SS-troepe uit. Rudy word vermoor en Max moet sy diepste beginsels verraai om te oorleef. In Dachau ontmoet Max vir Horst, trots homoseksueel, met ’n pienk driehoek aan sy kampklere vasgespeld. Sal hul liefde oorleef en verlossing van die Nazi’s kan bring?

____________________________________________________________________________

It Went Above Your Head

Vervaardiger: Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie
Taal: Eng
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 27 April 20:30 | 29 April 14:30
Tydsduur: 50 min
Prys: R80

’n Seun bevind hom in ’n situasie wat sy familie uitmekaar kan skeur. Hy probeer sy waarheid vir die wêreld wegsteek, maar besef nie hoe skadelik sy geheim vir homself is nie. In hierdie ongewone liefdesverhaal, te midde van moeilike huislike omstandighede, begin alles wat vreemd is normaal lyk.

____________________________________________________________________________

360 grade

Taal: Afr
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 28 April 14:00 | 29 April 17:30
Tydsduur: 50 min
Prys: R125

In sel nommer 2 is ’n gevangene wat verkies om naamloos te bly, want hy wil nie op die 28’s se nommer trap nie. Maar sy ma hét hom ’n naam gegee: Asher. Sy het gehoop dat dramaskool hom uit die siklus van ongeletterdheid en armoede sou laat ontsnap. Maar soms het die kosmos ander planne, en neem mens deur ’n wentelbaan van 360 grade op ’n reis van vreugde, vrees, verwerping, halstarrigheid en tronkstraf.

____________________________________________________________________________

Shakes, die boelie

Vervaardiger: MOD ProjekTaal: Afr
Datum en tyd: 28 April 17:30
Tydsduur: 50 min
Prys: Gratis

Shakes, die boelie, teister ’n stil en slim dogter by die skool. Aunty Grootmeisie, Shakes se ma, is hardhorend en verslaaf aan rook, en sy glo Shakes kan net mooi niks verkeerd doen nie. Intussen ly die dogter onder Shakes se afknouery – dít net omdat hy nie genoeg aandag en liefde by die huis kry nie. Hoe gaan dié situasie vir almal uitdraai?

____________________________________________________________________________

Iewers in die Grys

Ondersteun deur NATi

Taal: Afr
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 28 April 20:30 | 1 Mei 14:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R125
OB

Heather haat pouse. Want al is sy die uitbundige dux-leerder, is sy bruin. En dis ’n wit, plattelandse skool. Dit verander egter gou wanneer Gideon in die skool kom. Nie net het Heather nou iemand om pouses by te staan nie, maar ’n kameraad met ’n gemeenskaplike doel: om eendag ’n dokter te word. Skoolkinders het groot drome, maar hoe word ’n lugkasteel bo gehou in ’n land waar onregverdigheid en regverdigheid so eenders lyk? En wat gebeur as ons grootword en vergeet om na die sterre te kyk?

_____________________________________________________________________________

Die garage

Vervaardiger: US Drama

Taal: Afr
Venue: NATi Repteater
Datum en tyd: 27 April 11:30 | 1 Mei 17:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R80
Geen o/12 T

Avril Williams, ’n fisioterapeut, glo vas dat ’n sprokiestroue iewers in haar nabye toekoms wag. Haar sussie Mikayla, ’n meestal werklose aktrise, bestuur haar eie sinisme soos ’n Ferrari met ’n afslaankap – die skerpste ding in haar bagasie, haar tong. Wanneer Flip, die pizza-afleweraar, ook op die toneel verskyn, is die tafel gedek vir ’n sardoniese tragikomedie oor die donkersnaakse kant van Kaapse suburbia.

___________________________________________________________________________

Tsekmate

Ondersteun deur US Woordfees en US Drama

Vervaardiger: US Drama
Taal: Afr
Datum en tyd: 29 April 20:30 | 30 April 11:30
Tydsduur: 50 min
Prys: R80

Tsekmate is die verhaal van ses gevangenes vanuit verskillende agtergronde. Hulle probeer deur ’n skaakspel sin maak van die dinge wat hulle gelei het tot misdaad en die ontwrigting van lewens. Gaan hulle deur die mense buite aanhou verwerp word, of is daar hoop dat hulle eendag weer aanvaar sal word vir die individue wat hulle was voordat hulle in die tronk beland het?

___________________________________________________________________________

Beste van DKES-dramafees Finalé

Taal: Afr
Datum en tyd: 1 Mei 11:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R40

DKES, die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, sorg elke jaar vir die gewilde dramafees en
-kompetisie wat in die Kaapse Wynland- en Eden-distriksmunisipaliteite aangebied word. Op dié manier kry amateurkunstenaars die kans om op die verhoog te wys wat in hulle steek. Oorspronklike stories uit die hart van die Wes-Kaap word deur gemeenskaps-toneelgroepe gedeel. Die wenstuk van die kompetisie, wat einde Februarie in Kaapstad aangewys word, word by die Suidoosterfees opgevoer.

Details

Start:
26 April, 2023 / 8:00 am
End:
1 May, 2023 / 5:00 pm
Event Categories:
,
Event Tags:
Underground Parking

Parking is available at the Cape Town Civic Centre’s basement parking, Mondays to Fridays between 6pm and 11pm. Parking will be available on Saturdays and Sundays as well as public holidays, for matinee and evening performances. Access to the parking area is via Jan Smuts Street.

• No cash will be accepted/handled at the entry point;
• Payments can be made with Debit/Credit card;
• The parking fees are as follows: - Normal fee: R40.00; - Pensioners: R30.00;
• The gate to the parking will be closed 15 minutes after the starting time of a performance and opened after the performance;
• For security reasons, patrons will be required to inform the attendant which production they are attending, you may also provide proof of a reservation to a production or an event, or proof of invitation to a production or event, at the entry point;
• Patrons are to contact the emergency number (021) 400 2828 in the event of an emergency;
• For your safety a security guard will be stationed at the garage entry

Wheelchair Access

Limited facilities for wheelchairs are available in the Opera House and Theatre in accordance with safety regulations. Wheelchair seats can be booked at the Artscape Box Office, at any Computicket outlet, or through the Computicket call centre. Please note that the Arena is not wheelchair friendly. Toilets for wheelchair-bound patrons aresituated in the Marble and Chandelier Foyers of the Opera House and on the lower level of the Theatre Foyer. Limited parking bays are available for bona fide Disabled Parking Disc Holders in the tunnel area opposite the Stage Door entrance, and in the staff parking area. A drop-off facility is available in the tunnel area for patrons who have difficulty walking. Prior arrangements in all regards should be made with the Theatre Manager.

Wheelchairs

Disabled Parking and Wheelchairs are available on site but should be pre-booked by contacting Artscape Dial-a-seat on 021 421 7695

MORE AT THE ARTSCAPE THEATRE CENTRE

 
x