Aspoestertjie … as die skoen pas
Taal: Afr
Venue: Tentatief
Datum en tyd: 27 April 10:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R80
’n Koetspampoen, ’n verlore skoen en ’n disfunksionele gesin. In hierdie aweregse musiekblyspel vol energieke danspassies deel ’n poppie, ’n prins en ’n primadonna die verhoog in die eeue-oue verhaal met ’n splinternuwe twist. Aspoester droom van ’n ridder op ’n wit perd terwyl haar stiefma die oorlede pa se boedel op Botox blaas. Nou is die tyd om te besluit wat ís en wat wás. Dis nou te sê, as die skoen pas!
___________________________________________________________________________
Stof
Taal: Eng
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 27 April 12:30
Tydsduur: 50 min
Prys: R125
Die Garage Dance Ensemble stof ou stories af en bring dit op ’n oorspronklike manier na die verhoog. In hierdie multimediaproduksie is Tina Schouw se “The Guardian & the Keeper of the Flame” die klankbaan waarop stories, gedigte, liedjies en dans saamspeel om lewe te gee aan die aangrypende verhaal van Dawn Langdown se reis van Namakwaland na Namibië en die Kaap, en terug.
___________________________________________________________________________
Asem
Ondersteun deur die Jakes Gerwel Stigting
Taal: Afr, Eng
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 27 April 15:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R100
Jongmense wil hulself graag uitleef maar sukkel om hul voete te vind omdat hulle nie aan die samelewing se vereistes voldoen nie. Hul begeerte om sukses te bereik word gekniehalter deur vooroordele en druk. Asem spreek dié uitdagings aan deur musiekstyle soos riel, jazz, Karoo-klanke, Afropop, rock en folk, heerlik saamgeroer met woordkuns wat poësie en rymklets insluit.
___________________________________________________________________________
Femme is Fatale
Ondersteun deur NATi
Taal: Afr, Eng
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 27 April 18:00
Tydsduur: 65 min
Prys: R125
Geen o/16 G, N, T
Elzabé Zietsman is die ster van ’n nuwe kabaret wat spesiaal vir haar geskryf is. Met stories en songs probeer sy en Tony Bentel antwoorde kry op die vraag of daar ’n oplossing vir die epidemie van geslagsgeweld is.
_____________________________________________________________________________
Late Night/Laataand Boogie
Taal: Eng, Afr
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 27, 28, 29 en 30 April 20:30
Tydsduur: 90 min
Prys: R140
Die boogie-span is terug by Suidoosterfees – hierdie keer in die Tent-aktief-venue. Kom maak jou litte los na ’n hele dag van fees! Trouens, dit is die Kaapse dokter se streng orders: Kom sing en dans met uitsoek-geselskap wat jou op die gewildste liedjies van 1970 tot nou gaan trakteer. ’n Jol van begin tot einde!
____________________________________________________________________________
Klinkklaar
Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds
Met Marinda Engelbrecht, Susanne Beyers en Deon Lotz
Teks: Ferdinand Bekker
Regie: Gaerin Hauptfleisch
Taal: Afr
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 28 April 10:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R125
Wilma en Jasmyn is TV-sjefs en glanspersoonlikhede wat voorheen die toppunt van roem gesmaak het. In ’n poging om dié twee se tanende loopbane te red, kom hul agente met die idee vorendag dat die twee saam ’n kookprogram moet aanbied. Enigste probleem: hulle haat mekaar, maar hulle haat hul tanende gewildheid meer. Waar daar ’n wil is, is daar egter ’n weg en in die geval van twee ysere wille, een smalle weg. Cameron, die regisseur, is die een in die spervuur as die divas se geveinsde gemoedelikheid begin verdwyn soos die program vorder.
___________________________________________________________________________
Magda Louw
Ondersteun deur NATi
Koproduksie tussen Suidoosterfees, Momentum Beleggings Aardklop en Innibos
Taal: Afr
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 28 April 12:30 | 29 April 15:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125
Magda Louw bevind haarself in haar herfsjare op nasionale televisie en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die tannie in mense se sitkamers, en nou ook die tannie op die verhoog. Wat sal sy tog kwytraak as die mikrofoon in haar hand geplaas word? En sal sy die paar kilo’s kan afskud voor haar optrede? Gebaseer op die gewilde kykNET-komedie.
___________________________________________________________________________
Bul
’n Koproduksie van KKNK en Suidoosterfees, ondersteun deur NATi
Vervaardigers: Wian Taljaard en Wynand Kotze
Taal: Afr, Eng
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 28 April 15:00 | 30 April 11:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R125
Geen o/16
Een baas. Drie werkers. Een word vandag afgedank. Bitter baie boelie en baklei lei tot ’n wrede geveg. Hierdie donker komedie ondersoek die fyn lyn tussen kantoorpolitiek, die paranoia van werkloosheid en die mens se dierlike instink vir oorlewing. Katterig en ongevraagd, maar ook snaaks – al lag ons miskien vir die verkeerde redes.
___________________________________________________________________________
’n Akkerboom
Ondersteun deur NATi en Toyota US Woordfees
Taal: Afr
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 28 April 18:00 | 29 April 12:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R125
Geen o/16 T
’n Akkerboom is ’n buitengewone produksie; tydens elke vertoning betree ’n ander akteur of aktrise saam met die hipnotiseur die verhoog om die pa te vertolk, sonder dat hulle ’n woord van die teks gelees het. ’n Absurde toneelstuk oor vertolking, verlies en die krag wat in woorde of suggestie opgesluit lê.
___________________________________________________________________________
Clara
Ondersteun deur NATi
Taal: Afr
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 29 April 10:00
Tydsduur: 50 min
Prys: R125
Hierdie produksie oor die merkwaardige lewe van Clara Schumann is vir die eerste keer by Hessequa Harmonie opgevoer. Schumann se romantiese, avontuurlike verhaal, gekenmerk deur passie, liefde en tragedie, word begelei met die universele taal van musiek. Nina Schumann – soos Madame Clara ook ’n pedagoog en konsertpianis – verklank Clara se storie met klaviermusiek deur Robert Schumann, Johannes Brahms en, natuurlik, die werk van Clara self.
___________________________________________________________________________
Geen teks
Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds
Taal: Afr
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 1 Mei 16:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125
Tiaan en Egbert word op die eerste repetisiedag van ’n nuwe stuk deur hul teksskrywer in die steek gelaat. Dinge raak rof soos die akteurs planne beraam om uit hul verknorsing te kom. Hulle probeer self skryf, maar met gemengde welslae en histeriese gevolge. Idees oor improvisasie help ook min. Hoe later, hoe desperater. In hul frenetiese geskarrel om skeppend te wees, word die gehoor getrakteer op die storie agter hul stories. Geen teks bekyk daai oomblikke wanneer daar niks is om te sê nie …
__________________________________________________________________________
Hallo, is Bettie wat praat
Taal: Afr
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 29 April 18:30
Tydsduur: 55 min
Prys: R125
Dean Smith, Suidooster se geliefde Wade, se supergewilde persona op sosiale media, Bettie, kom deel haar stories vir die heel eerste keer in lewende lywe by die Suidoosterfees. Bettie is formidabel. Sy het iets te sê oor alles, al het sy net die kat aan die stert beet. Kom verlustig jou in resepte, skinderstories, lief en leed, en natuurlik Bettie se onkonvensionele perspektiewe op alles en nog wat!
___________________________________________________________________________
Agteraf
Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds
Vervaardiger: Stercus Produksies
Taal: Afr
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 30 April 14:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R125
Hierdie komedie speel agter die verhoog van ’n kindertoneelstuk af waar drie akteurs spook met die produksie self én hul eie eksistensiële krisisse. Soos die toneelstuk aangaan, kry die gehoor ’n blik agter die skerms terwyl die akteurs spartel met woorde, rekwisiete en oorywerige gehoorlede. Ook met hul eie tekortkominge, nie net in die toneelstuk nie, maar in die lewe.
_________________________________________________________________________
Diamonds in the Dust
Ondersteun deur die Jakes Gerwel Stigting
Taal: Afr, Eng
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 30 April 18:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R100
Hierdie musiekproduksie verbeeld die reis van vyf aspirant-kunstenaars wat passievol is oor Suid-Afrika se ryk geskiedenis met unieke stories en karakters uit uiteenlopende kulture. Hulle put uit die potensiaal van ons land en ons mense met Afropop, soul, R&B, tradisionele Afrikamusiek, Afrikaanse folk, hip-hop en slam poetry. Diamonds in the Dust gaan jou inspireer en jou siel hoog laat sweef met trots vir al ons mense!
___________________________________________________________________________
Liewe Heksie vang vis
Vervaardiger: Arena Produksiehuis
Taal: Afr
Venue: Tentatief
Datum en tyd: 1 Mei 10:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R80
Liewe Heksie het ’n visstok present gekry. “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ’n vis vang. Dan sing ek sommer ’n liedjie en die vis wil saamsing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy omdat hy moeg is, dan gooi ek hom terug en vang ’n nuwe ene.” Maar hoekom raak Koning Rosekrans se forelle dan minder? Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie? Tydlose vermaak vir die hele gesin. In 2022 het die span agter hierdie produksie ’n Kanna vir beste kinderteater by die ABSA KKNK verower.
___________________________________________________________________________
Talentsoektog
In samewerking met 33andMe, Dance for All, The Stage Performing Arts Studio, Rural Arts Network, die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuur se MOD-projek, Northlink Kollege, Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, Hessequa Harmonie, Hindle Hoërskool, Hoërskool Apex, Artscape, BlouBus-Bediening, People’s Post en Tygerburger
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 1 Mei 12:30
Tydsduur: 150 min
Prys: Gratis
In 2022 is die Suidoosterfees se Talentsoektog uiteindelik hervat, en vandag spook dansers, sangers, rymkletsers en instrumentaliste dit uit om die gesogte kroon – om nie van die lekker pryse te praat nie! Semifinaliste wat verlede jaar in Kaapstad en omliggende dorpe en streke aangewys is, ding mee om die volgende pryse: R10 000 vir die algehele wenner, die beste danser kry ’n jaar se gratis opleiding by Dance For All, en op een gelukkige kandidaat wag daar ’n kontrak deur die talentagentskap 33andMe. Kom geniet die adrenalien en opwinding saam met ons!
____________________________________________________________________________
Tollie Parton
Taal: Afr
Venue: Tent-aktief
Datum en tyd: 1 Mei 20:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125
Geen o/18
Tollie Parton is WynVirDiePyn van TikTok-faam se liefdesbrief aan homself, met ’n vet middelvinger aan enigiemand wat steeds dink gaywees is ’n onvergeefbare sonde. Hierdie Tollie dra geen beskerming nie en waarsku almal om ’n myl ver te staan as sy haar skote skiet. Onsmaaklik, maar eerlik; hartseer en dikwels afskuwelik snaaks. Hou vas jou pêrels, kêrels, Tollie is out to play.
Underground Parking
Parking is available at the Cape Town Civic Centre’s basement parking, Mondays to Fridays between 6pm and 11pm. Parking will be available on Saturdays and Sundays as well as public holidays, for matinee and evening performances. Access to the parking area is via Jan Smuts Street.
• No cash will be accepted/handled at the entry point;
• Payments can be made with Debit/Credit card;
• The parking fees are as follows: - Normal fee: R40.00; - Pensioners: R30.00;
• The gate to the parking will be closed 15 minutes after the starting time of a performance and opened after the performance;
• For security reasons, patrons will be required to inform the attendant which production they are attending, you may also provide proof of a reservation to a production or an event, or proof of invitation to a production or event, at the entry point;
• Patrons are to contact the emergency number (021) 400 2828 in the event of an emergency;
• For your safety a security guard will be stationed at the garage entry
Wheelchair Access
Limited facilities for wheelchairs are available in the Opera House and Theatre in accordance with safety regulations. Wheelchair seats can be booked at the Artscape Box Office, at any Computicket outlet, or through the Computicket call centre. Please note that the Arena is not wheelchair friendly. Toilets for wheelchair-bound patrons aresituated in the Marble and Chandelier Foyers of the Opera House and on the lower level of the Theatre Foyer. Limited parking bays are available for bona fide Disabled Parking Disc Holders in the tunnel area opposite the Stage Door entrance, and in the staff parking area. A drop-off facility is available in the tunnel area for patrons who have difficulty walking. Prior arrangements in all regards should be made with the Theatre Manager.
Wheelchairs
Disabled Parking and Wheelchairs are available on site but should be pre-booked by contacting Artscape Dial-a-seat on 021 421 7695