FIND A SHOW

Loading Events
  • This event has passed.

Suidoosterfees – kykNET Teater

  • Ticket Cost

    R80 - R125
  • Start Date

    Apr 26 2023
  • Theatre

    kykNET Teater
  • Duration

    70 min

Ver in die wêreld, Kittie

Ondersteun deur NATi en KKNK

Taal: Afr, Eng
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 26 April 18:30 | 30 April 17:00 | 1 Mei 20:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R125

In 1952 het Doris Day en Frankie Laine ’n internasionale treffer met die liedjie “Sugarbush” gehad, na bewering geskryf deur Josef Marais. In die 1950’s is Josef en sy vrou Rosa op die kruin van sukses in Amerika as ’n volksangduo – bekend vir hul Afrikaanse liedjies wat Josef in Engels vertaal. Hulle werk saam met Burt Lancaster en Humphrey Bogart in Hollywood. Maar terug in die Boland vier Kittie Jaftha nie hul sukses nie. Sy voel verraai, want sy wéét Josef het dié liedjies by haar en Koos Heuningbek wat op sy pa se plaas werk, geleer.


’n Einde

Aangebied deur die ATKV en Helpmekaar Kollege

Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 27 April 11:30
Tydsduur: 35 min
Prys: R80
OB T

Dui stiltes ’n einde aan? Of is ’n einde dalk die begin van iets nuuts en beter? Gestroop van alle pretensie, kaal voor jou uitgetrek – sodat jy in my kop kan klim en die stiltes beter sal verstaan …

___________________________________________________________

Wat die water weet

Aangebied deur die ATKV en Hoërskool Jan van Riebeeck

Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 27 April 14:30
Tydsduur: 45 min
Prys: R80
Geen o/14 OB

Kaapstad gaan teen 2032 onder water wees as daar niks aan die klimaatskrisis gedoen word nie. Een aand wag vier vriende by ’n busstop langs die see. Saam met plastieksakke spoel daar hartsgeheime uit. En soos dit later word, word iets binne die water wakker. Ook roer iets onrustig binne die jongmense. Soos wat die see woed, worstel die tieners oor dit wat die water self lankal reeds weet.

_______________________________________________________________________________________

mAaNmAaTs

Aangebied deur die ATKV en Hoërskool Parel Vallei

Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 27 April 17:30
Tydsduur: 50 min
Prys: R80
OB

Eendag lank lank gelede, toe Hompie Kedompie nog heel was en een plus een altyd twee, het ek geglo ons kan vlieg en daar’s ’n man in die maan. En as ek groot is, sal ’n prins my kom haal. Maar toe val Hompie van die muur af en die prins verdwaal, die tandemuis trek weg en te veel koek maak mens naar. Maar al dryf my drome weg, hou ek my oog op die maan, want dalk, eendag as ek groot is, sal ek ewige geluk hier op aarde vind …

_______________________________________________________________________________________________

Die susterskap

Aangebied deur die ATKV en Hoërskool Parel Vallei

Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 27 April 20:30
Tydsduur: 50 min
Prys: R80

’n A capella-groep van Hoёr Meisieskool Soggenhof is op pad terug huis toe nadat hulle ’n nasionale sangkompetisie gewen het. Twaalf meisies, een bus. Wat begin as ’n opwindende trippie, ontaard vinnig in ’n geheimbelaaide tragedie. Hierdie sielkundige riller laat jou wonder oor die stelsel waarin skoliere vasgevang is. By ATKV-Tienertoneel 2022 het Die susterskap onder die vyf beste produksies geëindig en dit is as beste produksie benoem by die 2022 Fraserburg Logan Toneelfees.

_____________________________________________________________________________

Mixtape van die liefde

Ondersteun deur NATi

Vervaardiger: Momentum Beleggings Aardklop

Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 28 April 14:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R125

Liefde is soms morsig, meestal misterieus, en maak mense dikwels mallerig. Hierdie produksie bring Antjie Krog se bloemlesing waarin verskeie digters aan die woord is, na die verhoog. Dit reik oor grense van temas, kultuurgroepe en generasies heen, maar op die ou end word almal ewe hard omgedolwe, platgetrek óf opgehef.

__________________________________________________________________________

Jantjies and the Pearls

Ondersteun deur NATi

Taal: Afr, Eng
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 28 April 19:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125

Die Jantjies-gesin woon in die hartjie van Distrik Ses, vasberade om hul huis van gedwonge verskuiwing te red. Die regering se “liefdesbriewe” aan inwoners dat hulle moet trek, is pas uitgereik. Hulle bedink ’n vreemde plan waar hulle lot op pêrels berus: Hulle glo dat drie pêrels hulle sal red indien dit gevind word. Maar die pêrels word jaloers bewaak deur die vurige Gadija en Boeta Char, ’n bendelid, en dit is in die tande van afgestorwenes. ’n Komiese maar bittersoet worsteling met verlies, rou, ontkenning en hoop. Bekroon vir beste teks en beste ensemblespel by die Première Teaterfees.

____________________________________________________________________________

Mirakel

Ondersteun deur NATi en KKNK

Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 29 April 11:00 | 30 April 20:30
Tydsduur: 130 min (pouse ingesluit)
Prys: R125

1938. ’n Teatergeselskap onder leiding van die befaamde Dante du Pré bevind hulle tydens die Depressie in ’n klein dorpie in die hoop om verligting te bring met ’n opvoering. Ook om hul leë geldkoffers aan te vul. Een van die spelers, die jonge Abel, kom oorspronklik van die dorp en is steeds getroud met die stinkryk en heelwat ouer Anna. Maar sy liewe Lenie verwag nou sy kind. Hierdie bittersoet komedie uit die pen van Reza de Wet is nog net so tersaaklik in vandag se tyd, met ’n tuimelende ekonomie in die nasleep van Covid-19.

____________________________________________________________________________

Musiek à la carte

Met studente van Dance for All
Regie: Allison Hendricks
Choreografie: Verskeie
Taal: Eng, Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 29 April 14:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125

Dance for All se produksies bring al vir jare lank onvergeetlike musiek en asemrowende choreografie aan gehore. Met die tema “local is lekker” roer Musiek à la carte wonderlike musikale oomblikke bymekaar, met ’n wipstappie down memory lane en ’n huldeblyk en viering van Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hul merk dubbeld en dwars gemaak het.

____________________________________________________________________________

Dance Synergy Volume II

Met verskeie dansgeselskappe
Samestelling: Shaun Oelf en Grant van Ster
Taal: Afr, Eng
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 29 April 17:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125

’n Energieke, vreugdevolle geleentheid waar die wonder van dans in al sy fasette gevier word. Dansers en dansorganisasies betree die vloer en wys hul talent en vaardighede. Alles ter viering van Internasionale Dansdag – van kontemporêre dans, ballet en Indiese dansvorme tot akrobatiese lugtoertjies. Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie.

____________________________________________________________________________

Hoerkind

Ondersteun deur NATi

Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 29 April 20:30 | 1 Mei 11:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125
Geen o/18 T

Hy word ’n hoerkind genoem. Op ses gaan hy kinderhuis toe. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ’n pedofiel. Alkohol- en dwelmafhanklikheid ry hom. Een aand word hy gyselaar gehou en met ’n mes gesteek. Hy verloor byna sy been in ’n motorongeluk. Sy foute is volop, maar hy leer soos hy voortbeur. ’n Ware verhaal oor verlies én oorwinning.

____________________________________________________________________________

ATKV | Rapport-Harmonie-koorkompetisie

Koördineerder: Niël Rademan
Beoordelaars: Betsie Ryke, Aidan Lewis en Zanne Stapelberg-de Lange
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 30 April 10:00
Tydsduur: 120 min
Prys: Gratis

Dié kompetisie is in die lewe geroep vir nie-professionele kore in die Wes-Kaap. Kore en sanggroepe kom van oraloor om hul talent ten toon te stel – die Karoo, Swartland, Boland en Kaap. Hierdie inisiatief help ontwikkel koormusiek en ondersteun deelnemers wat nie toegang tot professionele leiding het nie. Slypskole deur gesoute musici verseker klanke in perfekte harmonie wat glans aan ons 20ste fees verleen.

____________________________________________________________________________

Grensloos

Met Coenie de Villiers en André Schwartz
Taal: Afr, Eng
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 30 April 14:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125

Grensloos is die musieklegendes Coenie de Villiers en André Schwartz se langverwagte samewerking op twee klaviere wat vir uitverkoopte teaters in Kaapstad en Johannesburg gesorg het. Dit word beskryf as ’n vertoning sonder die grense van taal, ouderdom of repertoire. Maar dit weerspieël ook optimisme, want grens-loos beteken immers ook dat ’n mens nie huil nie!

_____________________________________________________________________________

Met woorde soos kerse

Ondersteun deur NATi, BASA, ATKV, LitNet en Het Jan Marais Nationale Fonds

Taal: Afr, Kwedam, isiXhosa, Sesotho, isiZulu, Sepedi en Setswana
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 1 Mei 14:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R125

Een van Antjie Krog se grootste geskenke aan Suid-Afrika is haar vertalings van gedigte uit verskeie inheemse tale in Afrikaans. Vandag klink die gedigte in hul oorsponklike taal op saam met Antjie se Afrikaans, voorgelees deur van die voorste kunstenaars van ons tyd. Kom geniet en waardeer die bekoring van poësie uit eie bodem.

____________________________________________________________________________

Woordmusiek

Ondersteun deur KKNK

Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 1 Mei 17:30
Tydsduur: 65 min
Prys: R125

Gehore beleef selde vyf wáre legendes op een verhoog. Woordmusiek smee die aangrypende narratiewe liriek en musiek van Coenie de Villiers met die verteltalent van Jana Cilliers, Antoinette Kellermann en Vinette Ebrahim. De Villiers is agter die klawers en kitaar-maestro Mauritz Lotz sluit op die verhoog by die span aan.

Details

Start:
26 April, 2023 / 8:00 am
End:
1 May, 2023 / 5:00 pm
Event Categories:
,
Event Tags:
Underground Parking

Parking is available at the Cape Town Civic Centre’s basement parking, Mondays to Fridays between 6pm and 11pm. Parking will be available on Saturdays and Sundays as well as public holidays, for matinee and evening performances. Access to the parking area is via Jan Smuts Street.

• No cash will be accepted/handled at the entry point;
• Payments can be made with Debit/Credit card;
• The parking fees are as follows: - Normal fee: R40.00; - Pensioners: R30.00;
• The gate to the parking will be closed 15 minutes after the starting time of a performance and opened after the performance;
• For security reasons, patrons will be required to inform the attendant which production they are attending, you may also provide proof of a reservation to a production or an event, or proof of invitation to a production or event, at the entry point;
• Patrons are to contact the emergency number (021) 400 2828 in the event of an emergency;
• For your safety a security guard will be stationed at the garage entry

Wheelchair Access

Limited facilities for wheelchairs are available in the Opera House and Theatre in accordance with safety regulations. Wheelchair seats can be booked at the Artscape Box Office, at any Computicket outlet, or through the Computicket call centre. Please note that the Arena is not wheelchair friendly. Toilets for wheelchair-bound patrons aresituated in the Marble and Chandelier Foyers of the Opera House and on the lower level of the Theatre Foyer. Limited parking bays are available for bona fide Disabled Parking Disc Holders in the tunnel area opposite the Stage Door entrance, and in the staff parking area. A drop-off facility is available in the tunnel area for patrons who have difficulty walking. Prior arrangements in all regards should be made with the Theatre Manager.

Wheelchairs

Disabled Parking and Wheelchairs are available on site but should be pre-booked by contacting Artscape Dial-a-seat on 021 421 7695

MORE AT THE ARTSCAPE THEATRE CENTRE

 
x