FIND A SHOW

Loading Events
  • This event has passed.

Suidoosterfees – Opera House

  • Ticket Cost

    R100 - R140
  • Start Date

    Apr 26 2023
  • Theatre

    Opera house
  • Duration

    80min

Afskop konsert met CPYO

Taal: Afr

Venue: Operahuis
Datum en tyd: 26 April 20:00
Tydsduur: 80 min
Prys: R140 | R100

’n Eenmalige aanbieding, spesiaal vir die openingsgeleentheid van die 20ste Suidoosterfees! Kom vier dié trotse mylpaal in ons geskiedenis met die room van talent in klassieke musiek. In die gees van die die fees se reputasie om jonk en oud, ontluikend en gevestig, aspirant en legendaries bymekaar te bring, betree van die land se gesogste soliste die Operahuis-verhoog saam met ons beste jong musici.!

 

 

 

Konsert van Hoop

Taal: Afr, Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 27 April 13:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R140 | R100

27 April is Vryheidsdag – ’n nasionale geleentheid, simbolies van hoop vir alle Suid-Afrikaners. Vanjaar vier Suidoosterfees hierdie spesiale dag met ’n skouspelagtige uitvoering van ligte en klassieke musiek, opera en dans, aangebied deur Artscape se top uitvoerende kunstenaars en van die land se gewildste sangers. Kom vier ons land en sy talent saam soos net die Kaap en sy mense kan!

 

 

L’inganno felice

Venue: Operahuis
Datum en tyd: 28 April 20:00

Tydsduur: 80 min
Prys: R140 | R100

Ormondo, ’n vertroueling van graaf Bertrando, het ’n ogie op Isabella, die graaf se vrou. Wanneer Isabella sy toenadering van die hand wys, beswadder Ormondo haar en sê dat sy ontrou aan die graaf is. Isabella word ontvoer en drywend op die see gelaat, maar die myner Tarabotto kom tot haar redding. Wanneer die graaf, vergesel van Ormondo en Isabella se ontvoerder, die myne besoek, begin die poppe dans.

 

Suidooster Stormsterk

Taal: Afr, Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 29 April 17:00
Tydsduur: 70 min
Prys: R140 | R100

Na die wegholsukses van Suidooster Stormsterk in 2022 is jou gunsteling-sepiesterre terug op die feesverhoog. Kom word betower deur hul sang en die danspassies van studente van The Stage Performing Arts Studio. Met die 20ste Suidoosterfees wat vanjaar aangebied word, gaan die geselskap jou weer in vervoering hê!

 

Under African Skies

Taal: Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 29 April 20:00
Tydsduur: 75 min
Prys: R140 | R100

Vir meer as 20 jaar het die groep wat bestaan uit Mandisa Dlanga, Andy Innes, Barry van Zyl en Dan Shout die wêreld vol getoer saam met die musieklegende Johnny Clegg. In hierdie meevoerende konsert span hulle kragte saam met die superster Loyiso Bala en sy vriende om van die inspirerendste en mees energieke Suid-Afrikaanse treffers wat hulle die lig laat sien het, na die verhoog te bring. Feesgangers kan uitsien na heerlik saamsing en -dans op die maat van hul gunstelingtreffers

 

 

Dankie

Taal: Afr, Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 30 April 13:00
Tydsduur: 75 min
Prys: R140 | R100

In ons daaglikse lewe is ons só besig dat ons dikwels vergeet om dankie te sê. Hierdie show wil Suid-Afrikaners remind om terug te draai na God. Ons het die laaste tyd baie oorwin, ons kan ook oor die pandemies wat ons elke dag face, seëvier. Maar dan moet God aan ons kant wees. Nuwe dinge is op pad, ons kan dit al sien kom … Kom sê saam met ons dankie!

 

 

ATKV Koorgala

Venue: Operahuis
Datum en tyd: 30 April 17:00
Tydsduur: 80 min
Prys: R140 | R100

Die ATKV Koorgala is altyd ’n hoogtepunt op die Suidoosterfeesprogram. Maak jou reg vir ’n lieflike musikale dis vir die hele gesin wanneer wenners van die ATKV Koorkompetisie saam met van die beste klassieke musici in Suid-Afrika op die verhoog verskyn. Nina Schumann en Megan-Geofrey Prins begelei die stemme op twee klaviere, en die violis Petrus de Beer gaan jou betower. En dan is daar ’n massakooruitvoering met meer as 100 stemme wat jy beslis nie gou gaan vergeet nie. ’n Luisterryke fees van koorsang en klassieke klanke!

 

House of Rhythm

Taal: Afr, Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 30 April 20:00
Tydsduur: 70 min
Prys: R140 | R100

Kom vier Internasionale Jazzdag in die feestelike Huis van Ritme met van Suid-Afrika se voorste jazzmusikante op die verhoog, begelei deur ’n wêreldklas big band. Jazz is altyd ’n hoogtepunt op die Suidoosterfees-musiekprogram, en des te meer in ons 20ste jaar!

 

 

FOTO NARDUS ENGELBRECHT
Nie vir argief. Slegs vir gebruik saam met US Woordfees kopie.

Soomloos

Taal: Afr, Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 1 Mei 16:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R140 | R100

Soomloos is sinoniem met die Suidoosterfees en prof. Jakes Gerwel, een van die fees se stigterslede. Twintig jaar gelede, by die eerste Suidoosterfees, het hy feesgangers so verwelkom: “Soomloos – Om in Afrikaans saam te kuier met almal wat saam met ons wil kuier. Ons wil kyk of daar regtig nierassig in Afrikaans geleef, gewerk, gespeel, gepraat kan word.” Vandag gee ons steeds gestalte aan dié inspirerende boodskap en ons vier Jakes Gerwel se nalatenskap met hierdie herdenkingskonsert.

 

US Koor

Taal: Afr, Eng
Venue: Operahuis
Datum en tyd: 1 Mei 20:30
Tydsduur: 60 min
Prys: R140 | R100

Die Universiteitskoor Stellenbosch is een van die oudste en mees gevierde kore in Suid-Afrika. Dit is saamgestel uit studente uit verskillende akademiese en kulturele agtergronde, wat bydra tot die energie en geweldige gees van hul optredes. Sedert 2012 beklee die koor die eerste plek op die Interkultur-ranglys van 1 000 kore wêreldwyd en het hulle verskeie internasionale toekennings gewen. Kom luister na hierdie voortreflike koor terwyl hul stemme weerklink ter viering van die vreugde van musiek.

 

 

Details

Start:
26 April, 2023 / 8:00 am
End:
1 May, 2023 / 5:00 pm
Event Categories:
,
Event Tags:
Underground Parking

Parking is available at the Cape Town Civic Centre’s basement parking, Mondays to Fridays between 6pm and 11pm. Parking will be available on Saturdays and Sundays as well as public holidays, for matinee and evening performances. Access to the parking area is via Jan Smuts Street.

• No cash will be accepted/handled at the entry point;
• Payments can be made with Debit/Credit card;
• The parking fees are as follows: - Normal fee: R40.00; - Pensioners: R30.00;
• The gate to the parking will be closed 15 minutes after the starting time of a performance and opened after the performance;
• For security reasons, patrons will be required to inform the attendant which production they are attending, you may also provide proof of a reservation to a production or an event, or proof of invitation to a production or event, at the entry point;
• Patrons are to contact the emergency number (021) 400 2828 in the event of an emergency;
• For your safety a security guard will be stationed at the garage entry

Wheelchair Access

Limited facilities for wheelchairs are available in the Opera House and Theatre in accordance with safety regulations. Wheelchair seats can be booked at the Artscape Box Office, at any Computicket outlet, or through the Computicket call centre. Please note that the Arena is not wheelchair friendly. Toilets for wheelchair-bound patrons aresituated in the Marble and Chandelier Foyers of the Opera House and on the lower level of the Theatre Foyer. Limited parking bays are available for bona fide Disabled Parking Disc Holders in the tunnel area opposite the Stage Door entrance, and in the staff parking area. A drop-off facility is available in the tunnel area for patrons who have difficulty walking. Prior arrangements in all regards should be made with the Theatre Manager.

Wheelchairs

Disabled Parking and Wheelchairs are available on site but should be pre-booked by contacting Artscape Dial-a-seat on 021 421 7695

MORE AT THE ARTSCAPE THEATRE CENTRE

 
x