ARTSCAPE SE MENSEREGTEDAG VIERINGE EER DIE DIGTER EN VRYHEIDSTRYD IKONE ADAM SMALL AND MANFRED ZYLLA

Media vrystelling                                                                                             10 Maart 2022

Kom deel in die digkuns van Adam Small by Artscape vanaf 16 Maart waar ons die nalatenskap van die digter en vryheid ikoon se werke gefokus op menseregte vier met die produksie Die Poet: Wie’s Hy?  Die produksie, onder leiding van Frieda van den Heever, vertolk deur Dean Balie en die Khoisan Gypsy Band, is gebaseer op die werke van Small.

Adam Small se protes was sterk teen die politieke stroom en verdiep deur sy filosofie van die maatskaplike ideologie.  Sy geloof was sy gewete.  Sy skryfstyl het ʼn bepaalde atmosfeer geskep, ʼn besondere ervaring vir die leser gebring en is geskryf in die taal van die alledaagse mense wie dit leef en praat.  Wie is die digter wat ons nogsteeds help om ons gedeelde herkoms te erken, te verstaan en ons die rigting aanwys na ʼn gemeenskaplike toekoms?

Die jong intellektuele digter Small fokus op die gebruik van die individu se stem teen die onreg van die samelewing.  Dit kom duidelik na vore in sy werke waar hy die skending van menseregte onder die Apartheid regering uitlig in die drama Kanna Hy Kô Hystoe.  Die drama se eerste aanbieding was gedurende 1974 in die destydse Nico Malan (nou Artscape) wat hy verbied was om by te woon op grond van sy velkleur.  Sy stem was duidelik sigbaar in die publieke domein van sy tyd deur nuusberigte, ope briewe, gedigte, dramas en as spreker.  Hierdie produksie word aangebied in oorleg met die Toyota Woordfees en NATi.  Die produksie het gedurende 2021 nie minder nie as vyf toekennings van KykNet Fiësta ontvang.  Die produksies was ʼn weghol sukses by beide die Suidooster en Woordfees.

Verder, as deel van die Menseregtedag viering, is daar ʼn uitstalling van werke deur die kunstenaar Manfred Zylla.  Die uitstalling sluit  werke in van die Plattelandse uitreik inisiatiewe in samewerking met Artscape deur die jare.  Zylla, ʼn befaamde kunstenaar en veral bekend vir sy anti-apartheid werke in verskillende mediums van tradisioneel Westers tot inheemse Afrika kultuur, se portret sketse reflekteer die plattelandse uitreik projekte geloods deur Artscape.  Die plattelandse uitreik inisiatief identifiseer jaarliks ʼn tradisioneel historiese agtergeblewe plattelandse gemeenskap.  Grense word verskuif wanneer die stad die teater na die gemeenskap neem.  Die projekte skep die platform van gelykheid waar almal ongeag agtergrond of geografiese skeidslyne lewe, die reg het om die kunste te beleef, daarin te deel en toegang te verkry soos gestipuleer in die Konstitusie van Suid-Afrika Die werke word uitgestal in die Marble Foyer Extension van 16 Maart tot 21 April.

Volgens Artscape se Hoof Uitvoerende Beampte Marlene le Roux: “Regdeur die geskiedenis en spesifiek Suid-Afrika se geskiedenis het die kunste ʼn belangrike rol gespeel in die aanspreek van die openbare bewussyn en die skending van menseregte, Ongeag die ongeregtigheid van die verlede soos Apartheid, geslagsgeweld of die ontneming van sosio-ekonomiese vryheid.  As ʼn kultuurinstansie is ons trots daarop dat ons kunstenaars deur die jare die ruimte kon bied waar hulle op pertinente vraagstukke van belang kon fokus.” 

Alle aktiwiteite is onderhewig aan COVID-19 regulasies, wat insluit die handhaaf van sosiale afstand en die dra van maskers.

Kaartjies is beskikbaar en besprekings kan gemaak word by Computicket of Artscape Dial-a-seat 021 421 7695.  Besoek gerus Artscape se webwerf (www.artscape.co.za) vir verder inligting.

 

Vir media navrae, kontak gerus vir Themba Mzondi by 078 113 5216 of e-pos Themba@sceproductions.co.za  

EINDE.

English Version

____________________________________

Uitgereik deur:                                       Artscape Teater                                                              Bemarking

Senior Bestuurder: Kommunikasie en Korporatiewe Bestuur

Simone Heradien

Kontak:                                                  073 207 1558