Suidoosterfees se wind waai(b) definitief op sy lekkerste by Kunstekaap. Die programbekendstelling op die Kunstekaap se piazza Woensdagaand, met die Kaapse dokter wat net liggies kom inloer het, was uiteraard ’n skitterende geleentheid vir geselligheid en om die kunste behoorlik te vier! En hoe wonderlik om Afrikaans in sy talle vorme op die verhoog te sien en te hoor!
Vir my is die betekenis van Afrikaans geleë in die waarde wat in die taal tot stand gebring is deur mense soos Van Wyk Louw, Degenaar, Versfeld en andere. Afrikaans het ’n nasionale bate geword, en die hele nasie sal verarm as Afrikaans sou agteruitgaan.” (Die Burger, 2 Maart 2000)
Hy was ook vir tien jaar lank voorsitter van die Burger-Suidoosterfees. Hy het aan Johan van Zyl (Die Burger, 11 Julie 2003) as volg vertel oor die ontstaan van dié fees: “Die gedagte van die fees is deel van die voortgaande gesprek oor Afrikaans, die diverse uitdrukkings van Afrikaans, hoe die taal lyk, hoe die taal hom gedra. Kunstefeeste is een van die verskynings van Afrikaans-wees.
“Daar is al heelwat gepraat oor hoe die onderskeie feeste diversiteit hanteer, en as jy hierby voeg gesprekke oor Afrikaans of die rol van dié feeste, val dit vreemd op dat daar nie ’n Kaapse fees was nie. Jy dink tog eerste aan die Kááp as jy tob oor begrippe soos Afrikaans, kosmopolities en metropolitaans.
“Die Kaapse Vlakte is demografies ’n Afrikaanse swaartepunt, maar ook een van die taal se groeipunte. Deur die voorbrandfees (destyds) by UWK en die fees by die (destydse) Technikon Skiereiland (nou CPUT) aan te bied, skep ’n mens ruimte om dié inrigtings as kulturele groeipunte te ontwikkel.”
Die bedoeling met die Suidoosterfees was hoe om Afrikaanssprekendes van verskillende kleuragtergronde byeen te bring, maar op ’n minder kunsmatige manier as wit en swart en bruin. “Die vraag is of ’n mens hoegenaamd ’n Afrikaanse kunstefees soomloos en nie-rassig kan maak … die Suidooster, wil ek glo, is minstens ’n póging,” het Jakes aan Johan van Zyl gesê.
Die fees is nou in sy 21ste bestaansjaar. ’n Mylpaal inderdaad, vandat dit in 2007 as klein fees na die Kunstekaap-teaterkompleks geskuif ten einde meer mense te lok en groter toeganklikheid te bevorder.
Vanuit die staanspoor is die Suidoosterfees as ’n multikulturele geleentheid geposisioneer, met Afrikaans as die gemene deler. Die fees is ’n belangrike forum vir kulturele kruisbestuiwing – van intellektuele gesprekke tot fisieke interaksies.
Die fees se naam word uiteraard geassosieer met die suidoosterwind — die Kaapse Dokter — en word metafories beskou as ’n kunstefees wat genesing en versoening deur Afrikaans wil bewerkstellig. Onderlinge gesprek en sinergie is belangrike fokuspunte. Feeste se taak is om gehoorontwikkeling te bevorder en om verarming in alle Suid-Afrikaners se kulturele identiteit teen te werk.
Mag die Suidoosterfees vir nog 21 jaar en verder sy windjie by Kunstekaap laat waai(b)!