BEGIN:VCALENDAR
VERSION:2.0
PRODID:-//Artscape Theatre Centre - Cape Town - ECPv6.9.0//NONSGML v1.0//EN
CALSCALE:GREGORIAN
METHOD:PUBLISH
X-ORIGINAL-URL:https://www.artscape.co.za
X-WR-CALDESC:Events for Artscape Theatre Centre - Cape Town
REFRESH-INTERVAL;VALUE=DURATION:PT1H
X-Robots-Tag:noindex
X-PUBLISHED-TTL:PT1H
BEGIN:VTIMEZONE
TZID:Europe/Helsinki
BEGIN:DAYLIGHT
TZOFFSETFROM:+0200
TZOFFSETTO:+0300
TZNAME:EEST
DTSTART:20230326T010000
END:DAYLIGHT
BEGIN:STANDARD
TZOFFSETFROM:+0300
TZOFFSETTO:+0200
TZNAME:EET
DTSTART:20231029T010000
END:STANDARD
BEGIN:DAYLIGHT
TZOFFSETFROM:+0200
TZOFFSETTO:+0300
TZNAME:EEST
DTSTART:20240331T010000
END:DAYLIGHT
BEGIN:STANDARD
TZOFFSETFROM:+0300
TZOFFSETTO:+0200
TZNAME:EET
DTSTART:20241027T010000
END:STANDARD
BEGIN:DAYLIGHT
TZOFFSETFROM:+0200
TZOFFSETTO:+0300
TZNAME:EEST
DTSTART:20250330T010000
END:DAYLIGHT
BEGIN:STANDARD
TZOFFSETFROM:+0300
TZOFFSETTO:+0200
TZNAME:EET
DTSTART:20251026T010000
END:STANDARD
BEGIN:DAYLIGHT
TZOFFSETFROM:+0200
TZOFFSETTO:+0300
TZNAME:EEST
DTSTART:20260329T010000
END:DAYLIGHT
BEGIN:STANDARD
TZOFFSETFROM:+0300
TZOFFSETTO:+0200
TZNAME:EET
DTSTART:20261025T010000
END:STANDARD
END:VTIMEZONE
BEGIN:VEVENT
DTSTART;TZID=Europe/Helsinki:20260409T080000
DTEND;TZID=Europe/Helsinki:20260424T170000
DTSTAMP:20260522T124139
CREATED:20251219T082814Z
LAST-MODIFIED:20260119T102510Z
UID:16461-1775721600-1777050000@www.artscape.co.za
SUMMARY:Krismis van Map Jacobs
DESCRIPTION:‘n Gevreesde bendeleier word na sewe jaar op parool uit die tronk vrygelaat. Almal wonder nou of Map verander het en of hy steeds die ou Map is. Die drama speel af na die gedwonge verskuiwings uit die Kaap na die Vlakte. Dit kyk na die invloed wat sosiale en maatskaplike euwels op die gemeenskap het en gee ‘n blik op die leefwyse van die ontworteldes\, hulle lief en leed en die desperate hunkering na ‘n beter bestaan. Krismis van Map Jacobs tas aan sosiale kwessies soos werkloosheid en armoede wat hedendaags nog steeds van belang is asook die soeke na identiteit en vergifnis. Krismis van Map Jacobs fokus ook op die letsels wat Apartheid op die Kaapse Bruin gemeenskap gelaat het School’s name to be provided when making a booking. \n \nKindly note Artscape provides wheelchair seating. You can book directly via this website but should you require assistance please call Artscape Dial-a-Seat on 021 421 76 95 who will assist with navigation and booking. \n  \nImportant Notice: PAID PARKING FOR ARTSCAPE THEATRE \nSecure parking is available for Artscape patrons at the Cape Town Civic Centre basement parking area. Access is via the Jan Smuts Street entrance at the times indicated below: \nOperating hours \n• Mondays to Fridays between 5 pm and 11 pm\n• Saturdays\, Sundays and public holidays during showtimes \nParking tariffs\nFee: R45.00\nFor more info\, please contact dial-a-seat: 021 421 76 95
URL:https://www.artscape.co.za/event/krismis-van-map-jacobs-6/
CATEGORIES:Afrikaans,Drama,Education
END:VEVENT
BEGIN:VEVENT
DTSTART;TZID=Europe/Helsinki:20240530T080000
DTEND;TZID=Europe/Helsinki:20240607T170000
DTSTAMP:20260522T124139
CREATED:20240312T113233Z
LAST-MODIFIED:20240312T122123Z
UID:14157-1717056000-1717779600@www.artscape.co.za
SUMMARY:Krismis van Map Jacobs
DESCRIPTION:‘n Gevreesde bendeleier word na sewe jaar op parool uit die tronk vrygelaat. Almal wonder nou of Map verander het en of hy steeds die ou Map is. Die drama speel af na die gedwonge verskuiwings uit die Kaap na die Vlakte. Dit kyk na die invloed wat sosiale en maatskaplike euwels op die gemeenskap het en gee ‘n blik op die leefwyse van die ontworteldes\, hulle lief en leed en die desperate hunkering na ‘n beter bestaan. \nKrismis van Map Jacobs tas aan sosiale kwessies soos werkloosheid en armoede wat hedendaags nog steeds van belang is asook die soeke na identiteit en vergifnis. Krismis van Map Jacobs fokus ook op die letsels wat Apartheid op die Kaapse Bruin gemeenskap gelaat het. \nDuration: 90Min \nKindly note Artscape provides wheelchair seating. You can book directly via this website but should you require assistance please call Artscape Dial-a-Seat on 021 421 76 95 who will assist with navigation and booking.
URL:https://www.artscape.co.za/event/krismis-van-map-jacobs/
CATEGORIES:Afrikaans,Drama
END:VEVENT
BEGIN:VEVENT
DTSTART;TZID=Europe/Helsinki:20230802T080000
DTEND;TZID=Europe/Helsinki:20230805T170000
DTSTAMP:20260522T124139
CREATED:20230703T101207Z
LAST-MODIFIED:20230707T140858Z
UID:13262-1690963200-1691254800@www.artscape.co.za
SUMMARY:My Kroon se Krank
DESCRIPTION:Miss South Africa 2019\, Zozibuni Tunzi\, has just been crowned as Miss Universe and natural hair is more in than ever. Auntie Pat\, a council member in the community\, has to take new photos for her campaign and wants to follow the natural route. Roxanne\, her baby\, is busy opening a hair salon and also finding her roots\, while confident Debbie begs them to be their natural selves. Three characters on a journey of renewal\, repent and one of new beginnings. Even if it’s over. Even if it hurts. You’ve seen all three\, but haven’t really heard from them\, or really listened. \nWith Veronique Jephtas \nProducer: Bossikop Productions\nWriters: Veronique Jephtas and Lynthia Julius\nDirector: Tinarie van Wyk Loots\nStage manager: Roland du Preez\nLighting Design: Andi Colombo \n 
URL:https://www.artscape.co.za/event/my-kroon-se-krank/
CATEGORIES:Afrikaans,Drama,Poetry,Women Humanity Arts Festival
ATTACH;FMTTYPE=image/jpeg:https://www.artscape.co.za/wp-content/uploads/2023/06/Website-Event-Page-Feature-10.jpg
END:VEVENT
BEGIN:VEVENT
DTSTART;TZID=Europe/Helsinki:20230427T080000
DTEND;TZID=Europe/Helsinki:20230501T170000
DTSTAMP:20260522T124139
CREATED:20230207T114650Z
LAST-MODIFIED:20230207T114650Z
UID:12715-1682582400-1682960400@www.artscape.co.za
SUMMARY:Suidoosterfees - Tent-aktief
DESCRIPTION:Aspoestertjie … as die skoen pas \nTaal: Afr\nVenue: Tentatief\nDatum en tyd: 27 April 10:00\nTydsduur: 55 min\nPrys: R80 \n\n\n\n\n’n Koetspampoen\, ’n verlore skoen en ’n disfunksionele gesin. In hierdie aweregse musiekblyspel vol energieke danspassies deel ’n poppie\, ’n prins en ’n primadonna die verhoog in die eeue-oue verhaal met ’n splinternuwe twist. Aspoester droom van ’n ridder op ’n wit perd terwyl haar stiefma die oorlede pa se boedel op Botox blaas. Nou is die tyd om te besluit wat ís en wat wás. Dis nou te sê\, as die skoen pas! \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nStof \nTaal: Eng\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 27 April 12:30\nTydsduur: 50 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nDie Garage Dance Ensemble stof ou stories af en bring dit op ’n oorspronklike manier na die verhoog. In hierdie multimediaproduksie is Tina Schouw se “The Guardian & the Keeper of the Flame” die klankbaan waarop stories\, gedigte\, liedjies en dans saamspeel om lewe te gee aan die aangrypende verhaal van Dawn Langdown se reis van Namakwaland na Namibië en die Kaap\, en terug. \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nAsem \nOndersteun deur die Jakes Gerwel Stigting \nTaal: Afr\, Eng\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 27 April 15:00\nTydsduur: 60 min\nPrys: R100 \n\n\n\n\nJongmense wil hulself graag uitleef maar sukkel om hul voete te vind omdat hulle nie aan die samelewing se vereistes voldoen nie. Hul begeerte om sukses te bereik word gekniehalter deur vooroordele en druk. Asem spreek dié uitdagings aan deur musiekstyle soos riel\, jazz\, Karoo-klanke\, Afropop\, rock en folk\, heerlik saamgeroer met woordkuns wat poësie en rymklets insluit. \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nFemme is Fatale \nOndersteun deur NATi \nTaal: Afr\, Eng\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 27 April 18:00\nTydsduur: 65 min\nPrys: R125\nGeen o/16 G\, N\, T \n\n\n\n\nElzabé Zietsman is die ster van ’n nuwe kabaret wat spesiaal vir haar geskryf is. Met stories en songs probeer sy en Tony Bentel antwoorde kry op die vraag of daar ’n oplossing vir die epidemie van geslagsgeweld is. \n \n_____________________________________________________________________________ \n\n\n \nLate Night/Laataand Boogie \nTaal: Eng\, Afr\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 27\, 28\, 29 en 30 April 20:30\nTydsduur: 90 min\nPrys: R140 \n\n\n\n\nDie boogie-span is terug by Suidoosterfees – hierdie keer in die Tent-aktief-venue. Kom maak jou litte los na ’n hele dag van fees! Trouens\, dit is die Kaapse dokter se streng orders: Kom sing en dans met uitsoek-geselskap wat jou op die gewildste liedjies van 1970 tot nou gaan trakteer. ’n Jol van begin tot einde! \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nKlinkklaar \nOndersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds \nMet Marinda Engelbrecht\, Susanne Beyers en Deon Lotz\nTeks: Ferdinand Bekker\nRegie: Gaerin Hauptfleisch\nTaal: Afr\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 28 April 10:00\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nWilma en Jasmyn is TV-sjefs en glanspersoonlikhede wat voorheen die toppunt van roem gesmaak het. In ’n poging om dié twee se tanende loopbane te red\, kom hul agente met die idee vorendag dat die twee saam ’n kookprogram moet aanbied. Enigste probleem: hulle haat mekaar\, maar hulle haat hul tanende gewildheid meer. Waar daar ’n wil is\, is daar egter ’n weg en in die geval van twee ysere wille\, een smalle weg. Cameron\, die regisseur\, is die een in die spervuur as die divas se geveinsde gemoedelikheid begin verdwyn soos die program vorder. \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nMagda Louw \nOndersteun deur NATi \nKoproduksie tussen Suidoosterfees\, Momentum Beleggings Aardklop en Innibos\nTaal: Afr\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 28 April 12:30 | 29 April 15:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nMagda Louw bevind haarself in haar herfsjare op nasionale televisie en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie\, maar die tannie in mense se sitkamers\, en nou ook die tannie op die verhoog. Wat sal sy tog kwytraak as die mikrofoon in haar hand geplaas word? En sal sy die paar kilo’s kan afskud voor haar optrede? Gebaseer op die gewilde kykNET-komedie. \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nBul \n’n Koproduksie van KKNK en Suidoosterfees\, ondersteun deur NATi \nVervaardigers: Wian Taljaard en Wynand Kotze \nTaal: Afr\, Eng\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 28 April 15:00 | 30 April 11:00\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125\nGeen o/16 \n\n\n\n\nEen baas. Drie werkers. Een word vandag afgedank. Bitter baie boelie en baklei lei tot ’n wrede geveg. Hierdie donker komedie ondersoek die fyn lyn tussen kantoorpolitiek\, die paranoia van werkloosheid en die mens se dierlike instink vir oorlewing. Katterig en ongevraagd\, maar ook snaaks – al lag ons miskien vir die verkeerde redes. \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \n’n Akkerboom \nOndersteun deur NATi en Toyota US Woordfees \nTaal: Afr\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 28 April 18:00 | 29 April 12:30\nTydsduur: 70 min\nPrys: R125\nGeen o/16 T \n\n\n\n\n’n Akkerboom is ’n buitengewone produksie; tydens elke vertoning betree ’n ander akteur of aktrise saam met die hipnotiseur die verhoog om die pa te vertolk\, sonder dat hulle ’n woord van die teks gelees het. ’n Absurde toneelstuk oor vertolking\, verlies en die krag wat in woorde of suggestie opgesluit lê. \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nClara \nOndersteun deur NATi \nTaal: Afr\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 29 April 10:00\nTydsduur: 50 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nHierdie produksie oor die merkwaardige lewe van Clara Schumann is vir die eerste keer by Hessequa Harmonie opgevoer. Schumann se romantiese\, avontuurlike verhaal\, gekenmerk deur passie\, liefde en tragedie\, word begelei met die universele taal van musiek. Nina Schumann – soos Madame Clara ook ’n pedagoog en konsertpianis – verklank Clara se storie met klaviermusiek deur Robert Schumann\, Johannes Brahms en\, natuurlik\, die werk van Clara self. \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nGeen teks \nOndersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds \nTaal: Afr\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 1 Mei 16:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nTiaan en Egbert word op die eerste repetisiedag van ’n nuwe stuk deur hul teksskrywer in die steek gelaat. Dinge raak rof soos die akteurs planne beraam om uit hul verknorsing te kom. Hulle probeer self skryf\, maar met gemengde welslae en histeriese gevolge. Idees oor improvisasie help ook min. Hoe later\, hoe desperater. In hul frenetiese geskarrel om skeppend te wees\, word die gehoor getrakteer op die storie agter hul stories. Geen teks bekyk daai oomblikke wanneer daar niks is om te sê nie … \n \n\n\n__________________________________________________________________________ \n\n\n \nHallo\, is Bettie wat praat \nTaal: Afr\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 29 April 18:30\nTydsduur: 55 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nDean Smith\, Suidooster se geliefde Wade\, se supergewilde persona op sosiale media\, Bettie\, kom deel haar stories vir die heel eerste keer in lewende lywe by die Suidoosterfees. Bettie is formidabel. Sy het iets te sê oor alles\, al het sy net die kat aan die stert beet. Kom verlustig jou in resepte\, skinderstories\, lief en leed\, en natuurlik Bettie se onkonvensionele perspektiewe op alles en nog wat! \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nAgteraf \nOndersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds \nVervaardiger: Stercus Produksies \nTaal: Afr\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 30 April 14:00\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nHierdie komedie speel agter die verhoog van ’n kindertoneelstuk af waar drie akteurs spook met die produksie self én hul eie eksistensiële krisisse. Soos die toneelstuk aangaan\, kry die gehoor ’n blik agter die skerms terwyl die akteurs spartel met woorde\, rekwisiete en oorywerige gehoorlede. Ook met hul eie tekortkominge\, nie net in die toneelstuk nie\, maar in die lewe. \n \n_________________________________________________________________________ \n\n\n \nDiamonds in the Dust \nOndersteun deur die Jakes Gerwel Stigting\nTaal: Afr\, Eng\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 30 April 18:00\nTydsduur: 60 min\nPrys: R100 \n\n\n\n\nHierdie musiekproduksie verbeeld die reis van vyf aspirant-kunstenaars wat passievol is oor Suid-Afrika se ryk geskiedenis met unieke stories en karakters uit uiteenlopende kulture. Hulle put uit die potensiaal van ons land en ons mense met Afropop\, soul\, R&B\, tradisionele Afrikamusiek\, Afrikaanse folk\, hip-hop en slam poetry. Diamonds in the Dust gaan jou inspireer en jou siel hoog laat sweef met trots vir al ons mense! \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nLiewe Heksie vang vis \nVervaardiger: Arena Produksiehuis \nTaal: Afr\nVenue: Tentatief\nDatum en tyd: 1 Mei 10:00\nTydsduur: 55 min\nPrys: R80 \n\n\n\n\nLiewe Heksie het ’n visstok present gekry. “Haai oe\, dis vir my so lekker as ek ’n vis vang. Dan sing ek sommer ’n liedjie en die vis wil saamsing. Ek weet\, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy omdat hy moeg is\, dan gooi ek hom terug en vang ’n nuwe ene.” Maar hoekom raak Koning Rosekrans se forelle dan minder? Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie? Tydlose vermaak vir die hele gesin. In 2022 het die span agter hierdie produksie ’n Kanna vir beste kinderteater by die ABSA KKNK verower. \n \n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n\n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nTalentsoektog \nIn samewerking met 33andMe\, Dance for All\, The Stage Performing Arts Studio\, Rural Arts Network\, die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuur se MOD-projek\, Northlink Kollege\, Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie\, Hessequa Harmonie\, Hindle Hoërskool\, Hoërskool Apex\, Artscape\, BlouBus-Bediening\, People’s Post en Tygerburger \nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 1 Mei 12:30\nTydsduur: 150 min\nPrys: Gratis \n\n\n\n\nIn 2022 is die Suidoosterfees se Talentsoektog uiteindelik hervat\, en vandag spook dansers\, sangers\, rymkletsers en instrumentaliste dit uit om die gesogte kroon – om nie van die lekker pryse te praat nie! Semifinaliste wat verlede jaar in Kaapstad en omliggende dorpe en streke aangewys is\, ding mee om die volgende pryse: R10 000 vir die algehele wenner\, die beste danser kry ’n jaar se gratis opleiding by Dance For All\, en op een gelukkige kandidaat wag daar ’n kontrak deur die talentagentskap 33andMe. Kom geniet die adrenalien en opwinding saam met ons! \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nTollie Parton \nTaal: Afr\nVenue: Tent-aktief\nDatum en tyd: 1 Mei 20:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125\nGeen o/18 \n\n\n\n\nTollie Parton is WynVirDiePyn van TikTok-faam se liefdesbrief aan homself\, met ’n vet middelvinger aan enigiemand wat steeds dink gaywees is ’n onvergeefbare sonde. Hierdie Tollie dra geen beskerming nie en waarsku almal om ’n myl ver te staan as sy haar skote skiet. Onsmaaklik\, maar eerlik; hartseer en dikwels afskuwelik snaaks. Hou vas jou pêrels\, kêrels\, Tollie is out to play.
URL:https://www.artscape.co.za/event/suidoosterfees-tent-aktief/
CATEGORIES:Afrikaans,Festivals
ATTACH;FMTTYPE=image/jpeg:https://www.artscape.co.za/wp-content/uploads/2023/02/Website-Infocus-Image-copy-6.jpg
END:VEVENT
BEGIN:VEVENT
DTSTART;TZID=Europe/Helsinki:20230426T080000
DTEND;TZID=Europe/Helsinki:20230501T170000
DTSTAMP:20260522T124139
CREATED:20230203T122148Z
LAST-MODIFIED:20230203T122148Z
UID:12697-1682496000-1682960400@www.artscape.co.za
SUMMARY:Suidoosterfees - NATi Repteater
DESCRIPTION:Dude! Wa’s my phone? \nOndersteun deur NATi en KKNK \nTaal: Afr\nVenue: NATi Repteater\nDatum en tyd: 26 April 19:00 | 1 Mei 20:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nWanneer Dean September agterkom sy foon het weggeraak\, loop dié jong entrepreneur dadelik op sy voetspore terug. Sy foon was sy lewensaar en daarsonder is alles deurmekaar en betekenisloos. Die tog om sy foon te vind en die oortreders aan die kaak te stel\, lei Dean deur talle kinkels en draaie. \n__________________________________________________________________________ \n\n\n \nBoesman en Lena \nVervaardiger: Northlink Kollege\nTaal: Afr\, Eng\nVenue: NATi Repteater\nDatum en tyd: 29 April 11:30 | 30 April 17:30\nTydsduur: 40 min\nPrys: R80 \n\n\n\n\n“Met hierdie drama kon ek alle gemeenskappe bereik: opvoerings is aangebied vir ‘slegs blanke’ gehore\, en ook in swart\, Indiër- en bruin townships.” – Athol Fugard oor sy ikoniese drama wat in 1969 die eerste keer opgevoer is. Boesman en Lena beeld die verwoestende effek van apartheid op hawelose karakters uit. Het die wêreld verander sedert die dramaturg dié waarneming gemaak het? Blykbaar nie\, as jy kyk hoe honderde Boesmans en Lenas vandag nog regoor die aardbol aansukkel in haglike omstandighede. ’n Nuwe generasie beeld die uitmergelende bestaanskrisis van die klassieke karakters vanuit ’n hedendaagse perspektief uit. \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nKinders van die Ses \nVervaardiger: Northlink Kollege\nTaal: Afr\nVenue: NATi Repteater\nDatum en tyd: 27 April 14:30 | 30 April 20:30\nTydsduur: 40 min\nPrys: R80 \n\n\n\n\nKaafa is verlief op die tronkvoël Dienie. Sy steur haar min aan haar ma se waarskuwings oor die gevolge van dié toksiese verhouding. Nadat Dienie vir Tiematje (onbewus dat hulle eintlik broer en suster is!) swanger maak\, kom hy vol beloftes en verskonings terug Kaafa toe. Maar gaan Kaafa hom werklik vergewe\, of gaan sy hierdie keer na haar ma luister? ’n Musikale produksie met ’n lag en ’n traan. \n \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nBent \nVervaardiger: Northlink Kollege\nTaal: Eng\nVenue: NATi Repteater\nDatum en tyd: 27 April 17:30 | 30 April 14:30\nTydsduur: 40 min\nPrys: R80\nGeen o/13 \n\n\n\n\n’n Kontemporêre interpretasie van Martin Sherman se aangrypende Bent. Die minnaars Max en Rudy vlug uit Berlyn voor SS-troepe uit. Rudy word vermoor en Max moet sy diepste beginsels verraai om te oorleef. In Dachau ontmoet Max vir Horst\, trots homoseksueel\, met ’n pienk driehoek aan sy kampklere vasgespeld. Sal hul liefde oorleef en verlossing van die Nazi’s kan bring? \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nIt Went Above Your Head \nVervaardiger: Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie\nTaal: Eng\nVenue: NATi Repteater\nDatum en tyd: 27 April 20:30 | 29 April 14:30\nTydsduur: 50 min\nPrys: R80 \n\n\n\n\n’n Seun bevind hom in ’n situasie wat sy familie uitmekaar kan skeur. Hy probeer sy waarheid vir die wêreld wegsteek\, maar besef nie hoe skadelik sy geheim vir homself is nie. In hierdie ongewone liefdesverhaal\, te midde van moeilike huislike omstandighede\, begin alles wat vreemd is normaal lyk. \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \n360 grade \nTaal: Afr\nVenue: NATi Repteater\nDatum en tyd: 28 April 14:00 | 29 April 17:30\nTydsduur: 50 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nIn sel nommer 2 is ’n gevangene wat verkies om naamloos te bly\, want hy wil nie op die 28’s se nommer trap nie. Maar sy ma hét hom ’n naam gegee: Asher. Sy het gehoop dat dramaskool hom uit die siklus van ongeletterdheid en armoede sou laat ontsnap. Maar soms het die kosmos ander planne\, en neem mens deur ’n wentelbaan van 360 grade op ’n reis van vreugde\, vrees\, verwerping\, halstarrigheid en tronkstraf. \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nShakes\, die boelie \nVervaardiger: MOD ProjekTaal: Afr\nDatum en tyd: 28 April 17:30\nTydsduur: 50 min\nPrys: Gratis \n\n\n\n\nShakes\, die boelie\, teister ’n stil en slim dogter by die skool. Aunty Grootmeisie\, Shakes se ma\, is hardhorend en verslaaf aan rook\, en sy glo Shakes kan net mooi niks verkeerd doen nie. Intussen ly die dogter onder Shakes se afknouery – dít net omdat hy nie genoeg aandag en liefde by die huis kry nie. Hoe gaan dié situasie vir almal uitdraai? \n \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nIewers in die Grys \nOndersteun deur NATi \nTaal: Afr\nVenue: NATi Repteater\nDatum en tyd: 28 April 20:30 | 1 Mei 14:30\nTydsduur: 70 min\nPrys: R125\nOB \nHeather haat pouse. Want al is sy die uitbundige dux-leerder\, is sy bruin. En dis ’n wit\, plattelandse skool. Dit verander egter gou wanneer Gideon in die skool kom. Nie net het Heather nou iemand om pouses by te staan nie\, maar ’n kameraad met ’n gemeenskaplike doel: om eendag ’n dokter te word. Skoolkinders het groot drome\, maar hoe word ’n lugkasteel bo gehou in ’n land waar onregverdigheid en regverdigheid so eenders lyk? En wat gebeur as ons grootword en vergeet om na die sterre te kyk? \n_____________________________________________________________________________ \n\n\n \nDie garage \nVervaardiger: US Drama \nTaal: Afr\nVenue: NATi Repteater\nDatum en tyd: 27 April 11:30 | 1 Mei 17:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R80\nGeen o/12 T \n\n\n\n\nAvril Williams\, ’n fisioterapeut\, glo vas dat ’n sprokiestroue iewers in haar nabye toekoms wag. Haar sussie Mikayla\, ’n meestal werklose aktrise\, bestuur haar eie sinisme soos ’n Ferrari met ’n afslaankap – die skerpste ding in haar bagasie\, haar tong. Wanneer Flip\, die pizza-afleweraar\, ook op die toneel verskyn\, is die tafel gedek vir ’n sardoniese tragikomedie oor die donkersnaakse kant van Kaapse suburbia. \n \n\n\n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nTsekmate \nOndersteun deur US Woordfees en US Drama \nVervaardiger: US Drama\nTaal: Afr\nDatum en tyd: 29 April 20:30 | 30 April 11:30\nTydsduur: 50 min\nPrys: R80 \n\n\n\n\nTsekmate is die verhaal van ses gevangenes vanuit verskillende agtergronde. Hulle probeer deur ’n skaakspel sin maak van die dinge wat hulle gelei het tot misdaad en die ontwrigting van lewens. Gaan hulle deur die mense buite aanhou verwerp word\, of is daar hoop dat hulle eendag weer aanvaar sal word vir die individue wat hulle was voordat hulle in die tronk beland het? \n___________________________________________________________________________ \n\n\n \nBeste van DKES-dramafees Finalé \nTaal: Afr\nDatum en tyd: 1 Mei 11:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R40 \n\n\n\n\nDKES\, die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport\, sorg elke jaar vir die gewilde dramafees en\n-kompetisie wat in die Kaapse Wynland- en Eden-distriksmunisipaliteite aangebied word. Op dié manier kry amateurkunstenaars die kans om op die verhoog te wys wat in hulle steek. Oorspronklike stories uit die hart van die Wes-Kaap word deur gemeenskaps-toneelgroepe gedeel. Die wenstuk van die kompetisie\, wat einde Februarie in Kaapstad aangewys word\, word by die Suidoosterfees opgevoer.
URL:https://www.artscape.co.za/event/suidoosterfees-nati-repteater-2/
CATEGORIES:Afrikaans,Festivals
ATTACH;FMTTYPE=image/jpeg:https://www.artscape.co.za/wp-content/uploads/2023/02/Website-Infocus-Image-copy-5.jpg
END:VEVENT
BEGIN:VEVENT
DTSTART;TZID=Europe/Helsinki:20230426T080000
DTEND;TZID=Europe/Helsinki:20230501T170000
DTSTAMP:20260522T124139
CREATED:20230202T141613Z
LAST-MODIFIED:20230202T141613Z
UID:12640-1682496000-1682960400@www.artscape.co.za
SUMMARY:Suidoosterfees - kykNET Teater
DESCRIPTION:Ver in die wêreld\, Kittie \nOndersteun deur NATi en KKNK \nTaal: Afr\, Eng\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 26 April 18:30 | 30 April 17:00 | 1 Mei 20:30\nTydsduur: 70 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nIn 1952 het Doris Day en Frankie Laine ’n internasionale treffer met die liedjie “Sugarbush” gehad\, na bewering geskryf deur Josef Marais. In die 1950’s is Josef en sy vrou Rosa op die kruin van sukses in Amerika as ’n volksangduo – bekend vir hul Afrikaanse liedjies wat Josef in Engels vertaal. Hulle werk saam met Burt Lancaster en Humphrey Bogart in Hollywood. Maar terug in die Boland vier Kittie Jaftha nie hul sukses nie. Sy voel verraai\, want sy wéét Josef het dié liedjies by haar en Koos Heuningbek wat op sy pa se plaas werk\, geleer. \n \n\n\n\n \n’n Einde \nAangebied deur die ATKV en Helpmekaar Kollege \nTaal: Afr\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 27 April 11:30\nTydsduur: 35 min\nPrys: R80\nOB T \n\n\n\n\nDui stiltes ’n einde aan? Of is ’n einde dalk die begin van iets nuuts en beter? Gestroop van alle pretensie\, kaal voor jou uitgetrek – sodat jy in my kop kan klim en die stiltes beter sal verstaan … \n___________________________________________________________ \n\n\n \nWat die water weet \nAangebied deur die ATKV en Hoërskool Jan van Riebeeck \nTaal: Afr\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 27 April 14:30\nTydsduur: 45 min\nPrys: R80\nGeen o/14 OB \n\n\n\n\nKaapstad gaan teen 2032 onder water wees as daar niks aan die klimaatskrisis gedoen word nie. Een aand wag vier vriende by ’n busstop langs die see. Saam met plastieksakke spoel daar hartsgeheime uit. En soos dit later word\, word iets binne die water wakker. Ook roer iets onrustig binne die jongmense. Soos wat die see woed\, worstel die tieners oor dit wat die water self lankal reeds weet. \n_______________________________________________________________________________________ \n\n\n \nmAaNmAaTs \nAangebied deur die ATKV en Hoërskool Parel Vallei \nTaal: Afr\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 27 April 17:30\nTydsduur: 50 min\nPrys: R80\nOB \n\n\n\n\nEendag lank lank gelede\, toe Hompie Kedompie nog heel was en een plus een altyd twee\, het ek geglo ons kan vlieg en daar’s ’n man in die maan. En as ek groot is\, sal ’n prins my kom haal. Maar toe val Hompie van die muur af en die prins verdwaal\, die tandemuis trek weg en te veel koek maak mens naar. Maar al dryf my drome weg\, hou ek my oog op die maan\, want dalk\, eendag as ek groot is\, sal ek ewige geluk hier op aarde vind … \n_______________________________________________________________________________________________ \n\n\n \nDie susterskap \nAangebied deur die ATKV en Hoërskool Parel Vallei \nTaal: Afr\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 27 April 20:30\nTydsduur: 50 min\nPrys: R80 \n\n\n\n\n’n A capella-groep van Hoёr Meisieskool Soggenhof is op pad terug huis toe nadat hulle ’n nasionale sangkompetisie gewen het. Twaalf meisies\, een bus. Wat begin as ’n opwindende trippie\, ontaard vinnig in ’n geheimbelaaide tragedie. Hierdie sielkundige riller laat jou wonder oor die stelsel waarin skoliere vasgevang is. By ATKV-Tienertoneel 2022 het Die susterskap onder die vyf beste produksies geëindig en dit is as beste produksie benoem by die 2022 Fraserburg Logan Toneelfees. \n_____________________________________________________________________________ \n\n\n \nMixtape van die liefde \nOndersteun deur NATi \nVervaardiger: Momentum Beleggings Aardklop \nTaal: Afr\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 28 April 14:00\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nLiefde is soms morsig\, meestal misterieus\, en maak mense dikwels mallerig. Hierdie produksie bring Antjie Krog se bloemlesing waarin verskeie digters aan die woord is\, na die verhoog. Dit reik oor grense van temas\, kultuurgroepe en generasies heen\, maar op die ou end word almal ewe hard omgedolwe\, platgetrek óf opgehef. \n__________________________________________________________________________ \n\n\n \nJantjies and the Pearls \nOndersteun deur NATi \nTaal: Afr\, Eng\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 28 April 19:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nDie Jantjies-gesin woon in die hartjie van Distrik Ses\, vasberade om hul huis van gedwonge verskuiwing te red. Die regering se “liefdesbriewe” aan inwoners dat hulle moet trek\, is pas uitgereik. Hulle bedink ’n vreemde plan waar hulle lot op pêrels berus: Hulle glo dat drie pêrels hulle sal red indien dit gevind word. Maar die pêrels word jaloers bewaak deur die vurige Gadija en Boeta Char\, ’n bendelid\, en dit is in die tande van afgestorwenes. ’n Komiese maar bittersoet worsteling met verlies\, rou\, ontkenning en hoop. Bekroon vir beste teks en beste ensemblespel by die Première Teaterfees. \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nMirakel \nOndersteun deur NATi en KKNK \nTaal: Afr\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 29 April 11:00 | 30 April 20:30\nTydsduur: 130 min (pouse ingesluit)\nPrys: R125 \n\n\n\n\n1938. ’n Teatergeselskap onder leiding van die befaamde Dante du Pré bevind hulle tydens die Depressie in ’n klein dorpie in die hoop om verligting te bring met ’n opvoering. Ook om hul leë geldkoffers aan te vul. Een van die spelers\, die jonge Abel\, kom oorspronklik van die dorp en is steeds getroud met die stinkryk en heelwat ouer Anna. Maar sy liewe Lenie verwag nou sy kind. Hierdie bittersoet komedie uit die pen van Reza de Wet is nog net so tersaaklik in vandag se tyd\, met ’n tuimelende ekonomie in die nasleep van Covid-19. \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nMusiek à la carte \nMet studente van Dance for All\nRegie: Allison Hendricks\nChoreografie: Verskeie\nTaal: Eng\, Afr\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 29 April 14:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nDance for All se produksies bring al vir jare lank onvergeetlike musiek en asemrowende choreografie aan gehore. Met die tema “local is lekker” roer Musiek à la carte wonderlike musikale oomblikke bymekaar\, met ’n wipstappie down memory lane en ’n huldeblyk en viering van Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hul merk dubbeld en dwars gemaak het. \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nDance Synergy Volume II \nMet verskeie dansgeselskappe\nSamestelling: Shaun Oelf en Grant van Ster\nTaal: Afr\, Eng\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 29 April 17:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\n’n Energieke\, vreugdevolle geleentheid waar die wonder van dans in al sy fasette gevier word. Dansers en dansorganisasies betree die vloer en wys hul talent en vaardighede. Alles ter viering van Internasionale Dansdag – van kontemporêre dans\, ballet en Indiese dansvorme tot akrobatiese lugtoertjies. Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie. \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nHoerkind \nOndersteun deur NATi \nTaal: Afr\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 29 April 20:30 | 1 Mei 11:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125\nGeen o/18 T \n\n\n\n\nHy word ’n hoerkind genoem. Op ses gaan hy kinderhuis toe. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ’n pedofiel. Alkohol- en dwelmafhanklikheid ry hom. Een aand word hy gyselaar gehou en met ’n mes gesteek. Hy verloor byna sy been in ’n motorongeluk. Sy foute is volop\, maar hy leer soos hy voortbeur. ’n Ware verhaal oor verlies én oorwinning. \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nATKV | Rapport-Harmonie-koorkompetisie \nKoördineerder: Niël Rademan\nBeoordelaars: Betsie Ryke\, Aidan Lewis en Zanne Stapelberg-de Lange\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 30 April 10:00\nTydsduur: 120 min\nPrys: Gratis \n\n\n\n\nDié kompetisie is in die lewe geroep vir nie-professionele kore in die Wes-Kaap. Kore en sanggroepe kom van oraloor om hul talent ten toon te stel – die Karoo\, Swartland\, Boland en Kaap. Hierdie inisiatief help ontwikkel koormusiek en ondersteun deelnemers wat nie toegang tot professionele leiding het nie. Slypskole deur gesoute musici verseker klanke in perfekte harmonie wat glans aan ons 20ste fees verleen. \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nGrensloos \nMet Coenie de Villiers en André Schwartz\nTaal: Afr\, Eng\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 30 April 14:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nGrensloos is die musieklegendes Coenie de Villiers en André Schwartz se langverwagte samewerking op twee klaviere wat vir uitverkoopte teaters in Kaapstad en Johannesburg gesorg het. Dit word beskryf as ’n vertoning sonder die grense van taal\, ouderdom of repertoire. Maar dit weerspieël ook optimisme\, want grens-loos beteken immers ook dat ’n mens nie huil nie! \n_____________________________________________________________________________ \n\n\n \nMet woorde soos kerse \nOndersteun deur NATi\, BASA\, ATKV\, LitNet en Het Jan Marais Nationale Fonds \nTaal: Afr\, Kwedam\, isiXhosa\, Sesotho\, isiZulu\, Sepedi en Setswana\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 1 Mei 14:30\nTydsduur: 60 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nEen van Antjie Krog se grootste geskenke aan Suid-Afrika is haar vertalings van gedigte uit verskeie inheemse tale in Afrikaans. Vandag klink die gedigte in hul oorsponklike taal op saam met Antjie se Afrikaans\, voorgelees deur van die voorste kunstenaars van ons tyd. Kom geniet en waardeer die bekoring van poësie uit eie bodem. \n____________________________________________________________________________ \n\n\n \nWoordmusiek \nOndersteun deur KKNK \nTaal: Afr\nVenue: kykNET Teater\nDatum en tyd: 1 Mei 17:30\nTydsduur: 65 min\nPrys: R125 \n\n\n\n\nGehore beleef selde vyf wáre legendes op een verhoog. Woordmusiek smee die aangrypende narratiewe liriek en musiek van Coenie de Villiers met die verteltalent van Jana Cilliers\, Antoinette Kellermann en Vinette Ebrahim. De Villiers is agter die klawers en kitaar-maestro Mauritz Lotz sluit op die verhoog by die span aan.
URL:https://www.artscape.co.za/event/suidoosterfees-kyknet-teater/
CATEGORIES:Afrikaans,Festivals
ATTACH;FMTTYPE=image/jpeg:https://www.artscape.co.za/wp-content/uploads/2023/02/Website-Infocus-Image-copy-2.jpg
END:VEVENT
END:VCALENDAR