Loading Events
  • This event has passed.

Suidoosterfees – NATi Arena

Sy Dromedaris

Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 27 April 10:00
Tydsduur: 50 min
Prys: R80

Vir ’n jong meisie met geheueverlies vervaag die grense tussen menslikheid en die soms wrede norme wat deur die gemeenskap aangehang word. Die mense om haar verstaan nie haar skielike menslike benadering tot dinge nie, en hulle dink sy is naïef. Konflik onstaan tussen die brose enkeling en lede van die gemeenskap, en dit stuur onafwendbaar op ’n tragedie af.

 

Kraal

Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 27 April 13:00 | 28 April 21:00
Tydsduur: 65 min
Prys: R125
Geen o/13 T, S

’n Magiese herverbeling van die skrywer se voorvaderlyn in ’n poging om wonde te heel binne die nalatenskap van ’n oorgeërfde dopstelsel.

 

My kroon se krank

Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 27 April 16:00 | 1 Mei 13:00
Tydsduur: 50 min
Prys: R125
Geen o/13

Dis 2020. Mej. Suid-Afrika 2019, Zozibuni Tunzi, is sopas as Miss Universe announce en natural hair is nou meer in as ooit. Aunty Pat, raadslid innie gemeenskap, moet nuwe foto’s niem vi haa veldtog en wil die natural route volg. Roxanne, haa baby, is biesag om ’n hair salon oep te maak en haa roots te vind, tewyl confident Debbie om elke hoek en draai pleit by hulle om hulle natural self wees. Drie karakters op ’n journey van renewal, repent en new beginnings.

 

My hart is ’n muurbal (en ander gedagtes)My hart is ’n muurbal (en ander gedagtes)

Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 27 April 19:00 | 29 April 21:30 | 1 Mei 10:00
Tydsduur: 80 min
Prys: R125
Geen o/14 T

’n Man raak verlief op ’n standbeeld. ’n Pa keer terug uit die dood. Die laaste twee gay mans op aarde moet besluit of ’n verhouding die moeite werd is. ’n Road trip saam met jou eks-kêrel se ma. Dit alles maak deel uit van ’n versameling stories in die nuwe komedie uit die pen van Wessel Pretorius.

Afval

Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 28 April 18:00 | 29 April 10:00
Tydsduur: 70 min
Prys: R125
Geen o/16 T, N

Die Van der Merwes lyk soos ’n doodnormale middeljarige paartjie; daar is net een kinkel in die kabel … Johan van der Merwe is ’n reeksmoordenaar. Elsa en Johan word onkant gevang wanneer hul dogter haar nuwe kêrel, Hugo, onverwags een Sondagmiddag by die huis aanbring en een van Johan se slagoffers ontsnap. Hugo besef vinnig als is nie pluis by sy aanstaande skoonouers nie.

Skaakmat & Survival of the fittest

Taal: Xhosa, Eng
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 29 April 13:30
Tydsduur: 20 min
Prys: R80

Die opperhoofskap van ’n stam is in die gedrang nadat Kaptein Vuyisile sterf. Sy kinders, Zokwanda en Lungile, is in kompetisie oor wie hul vader gaan opvolg. Dié twee tree in ’n stryd om die troon wat ingrypende opofferings van hulle verg.

Mooiplaas

Taal: Afr, Eng

Venue: Operahuis
Datum en tyd: 1 Mei 16:30
Tydsduur: 70 min
Prys: R140 | R100

Soomloos is sinoniem met die Suidoosterfees en prof. Jakes Gerwel, een van die fees se stigterslede. Twintig jaar gelede, by die eerste Suidoosterfees, het hy feesgangers so verwelkom: “Soomloos – Om in Afrikaans saam te kuier met almal wat saam met ons wil kuier. Ons wil kyk of daar regtig nierassig in Afrikaans geleef, gewerk, gespeel, gepraat kan word.” Vandag gee ons steeds gestalte aan dié inspirerende boodskap en ons vier Jakes Gerwel se nalatenskap met hierdie herdenkingskonsert.

Geslag

Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 29 April 19:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R100
Geen o/16 T

Drie paartjies van verskillende generasies probeer sin maak van die gender-revolusie wat om hulle woed. Terwyl Meneer en Mevrou beangs aan tradisionele rolle klou, word die jonges deur voorskrifte versmoor. Hoe wil jy nou eintlik GESLAG word? Kom deel in die humor en pyn wat liefde in al sy vorme kenmerk. Op die waarheid gegrond.

Die vrou wat die honde gevoer het

Taal: Eng
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 30 April 10:00 | 1 Mei 19:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R125

Michelle Martin, vrou en medepligtige van die kinderverkragter en
-moordenaar Marc Dutroux, word deur die media bestempel as die “mees gehate vrou in België”. Met haar vrylating ná 16 jaar in die tronk is dié skrikwekkende misdade van die vroeë 1990’s weer hoofnuus. Hierdie drama verken die omstandighede van Martin, haar lewe lank self ’n slagoffer van emosionele en fisieke geweld. Gebaseer op Kristien Hemmerechts se opspraakwekkende roman

Antwoorde

Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 30 April 13:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R100
Geen o/16 T

’n Bejaarde plaasboer herstel van ’n heupbesering. Hy mis sy vrou en dogter wat jare gelede al vort is, en wens hulle kan versoen word. Wanneer ’n jong landboustudent hom besoek en hulle aan die gesels raak, kom skokkende waarhede aan die lig wat hul lewens vir altyd ineengestrengel laat.

Fietsry vir dommies

Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 30 April 16:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R100
Geen o/13 T

Al het Carl ’n graad in konstruksiebestuur, woon hy steeds in die “blink hokke” van Rose Valley. Hy dink na oor wat dit beteken om ’n bruin man in Suid-Afrika te wees. Boonop ly hy aan depressie. Verder eis Black Tax sy tol met die opoffering wat hy vir sy familie en gemeenskap moet maak. Die uitdagings wat Charl in die gesig staar, word treffend uitgebeeld met rymklets en poësie.

Die fix

Taal: Afr
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 30 April 19:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R100

Michael doen cocaine. Jodie doen mushrooms. Hulle doen mekaar. Hallusinasies is heeltyd teenwoordig. Baie dinge moet gefix word, húlle ook. In die oerwoud van hul sitkamer saboteer Michael en Jodie mekaar met die belofte: “Ek gaan jou fix!”

Karatara

Taal: Afr, Eng
Venue: NATi Arena
Datum en tyd: 1 Mei 16:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R125
Geen o/10

Karatara is op die Knysna-ramp van Oktober 2018 geskoei toe ’n brand in die middel van die nag dele van die dorp in puin gelê het. Dié persoonlike dansdrama vertel die verhaal van ’n gemeenskap se verlies aan familie, grond en ’n heenkome. Dit ondersoek die komplekse dinamika en geskiedenis van die plaaslike gemeenskappe, en wys hoe die media en politici ’n tragedie as ’n geleentheid gebruik en uitgebuit het. By KKNK 2022 is dit as beste debuutproduksie aangewys en vir verskeie toekennings benoem.

Details

Date:
7 February, 2023
Time:
12:00 am
Event Category:
Event Tags:
Underground Parking

Parking is available at the Cape Town Civic Centre’s basement parking, Mondays to Fridays between 6pm and 11pm. Parking will be available on Saturdays and Sundays as well as public holidays, for matinee and evening performances. Access to the parking area is via Jan Smuts Street.

• No cash will be accepted/handled at the entry point;
• Payments can be made with Debit/Credit card;
• The parking fees are as follows: - Normal fee: R40.00; - Pensioners: R30.00;
• The gate to the parking will be closed 15 minutes after the starting time of a performance and opened after the performance;
• For security reasons, patrons will be required to inform the attendant which production they are attending, you may also provide proof of a reservation to a production or an event, or proof of invitation to a production or event, at the entry point;
• Patrons are to contact the emergency number (021) 400 2828 in the event of an emergency;
• For your safety a security guard will be stationed at the garage entry

Wheelchair Access

Limited facilities for wheelchairs are available in the Opera House and Theatre in accordance with safety regulations. Wheelchair seats can be booked at the Artscape Box Office, at any Computicket outlet, or through the Computicket call centre. Please note that the Arena is not wheelchair friendly. Toilets for wheelchair-bound patrons aresituated in the Marble and Chandelier Foyers of the Opera House and on the lower level of the Theatre Foyer. Limited parking bays are available for bona fide Disabled Parking Disc Holders in the tunnel area opposite the Stage Door entrance, and in the staff parking area. A drop-off facility is available in the tunnel area for patrons who have difficulty walking. Prior arrangements in all regards should be made with the Theatre Manager.

Wheelchairs

Disabled Parking and Wheelchairs are available on site but should be pre-booked by contacting Artscape Dial-a-seat on 021 421 7695

MORE AT THE ARTSCAPE THEATRE CENTRE

 
x